Breast Cancer Care ~~~ A Second Chance

Supporting Diagnosis of Breast Cancer

Read our three inspirational stories below:

Support
SHARE YOUR STORY

INSPIRATIONAL STORIES

A brief rundown of my 4 year battle with Cancer
My name is Joanne and I used to be a control freak until January 2006 when at the age of forty-two I was diagnosed with Ductal Carcinoma Stage III aggressive. I had no idea what that meant – was I going to die? Can it be cut out? Many other questions went thru’ my mind. I learnt over the next four years to remain positive, to strengthen my faith, to thank God every day that I was strong and to believe, with no doubt, that I would survive.

According to Oncology (the cancer treatment department), I had an aggressive hormonal inflammatory breast cancer and had tested positive for the HER2 gene meaning I had three years maximum to survive.

Absolutely no way! I knew I would fight the good fight but I was also not alone. I have an amazing family who support me and a fantastic group of girlfriends who would encourage me daily. My oncologist said there was a drug called Herceptin I could have which can give me ten years however it’s very expensive. I must be one of the lucky ones because our Medical Aid agreed to pay.

So, treatment began. I had Chemo first to shrink the tumour. This is what we cancer patients call the “Red devil”. It’s a red colour chemo that made me very nauseous and all my hair fell out, everywhere except my eyebrows, they remained like two black slugs stuck to my head. After three months they changed my chemo because the “red devil” one wasn’t working. This was a much better chemo, I didn’t feel so ill and with some really cool caps, beanies and scarves I got on with life. In fact, walking around with cancer made me kind of special. People would smile at me and complete strangers would start up conversations with me, I enjoyed myself, I enjoyed every day.

Eventually, after 5 months of Chemo they removed my left breast and five glands. Even on that day I had something to laugh about. Our local parish priest sent one of the more junior priests to pray with me before the operation. I was looking pretty cool in my hospital garb propped on top of the blankets on the bed. This priest was really cute and all I could think of was , as he sat down on the chair next to my bed, “I hope I shaved my legs”!

I had twenty -five days of Radiotherapy which is no big deal, it’s only 4 mins each day and there’s no pain. In the November I was declared officially in remission. All I had to do was have Herceptin once a month for the next nine months which I did.

I got rewarded with a whole year of being Cancer-free then my arm started twitching and shaking all on it’s own. My chest scans were clear, my abdomen scans were clear, the bone scan was clear and my cancer blood count was virtually non-existent. I had an MRI. I discovered I was claustrophobic and had to be put out for the scan.

Guess what – I got a brain tumour! Bloody hell! Off I went back to Radiotherapy, lost all my hair again but that’s a small price to pay. I was told that if my hair grows back this time it will grow back in clumps and I will definitely have a bald spot where the tumour was situated.

Guess what – we killed the tumour and all my hair grew back – no bald spot whatsoever but then I knew it would grow back. A few weeks after all the Radiotherapy we discovered cancer in my mestisnal gland. I have no idea where that is exactly but back onto chemo I went for another four months. I got pretty sick on that one but here’s the thing-

- Never give up
- Surround yourself with positive people
- Believe

I’m so very lucky to have the family support that I have, I am determined to live for my husband, my two wonderful teenagers and my folks. There’s so much to do and time is short so I’m living and I will go on living until I can do no more.

As of February 2010 I am again in remission, next week I’m off for my one boob mammogram and abdomen ultra-sound. I know everything will be A OK! I’ve even gone back to work. That was quite a dilemma. There seems to be a stigma attached to cancer. I didn’t know whether I have to disclose my illness or not. People seem to re-act as if you are contagious sometimes. How silly, but it happens. Well, everyone in my life knows, I make no secret of it. I am not ashamed. I am a proud wife and mother of two who will never give up. Live, Live, Live I say
.

An interview with Toni Rowland
Seven years ago singer/songwriter Toni Rowland was diagnosed with breast cancer. Today she is preparing material for her second CD to be recorded early next year, and is hoping that her pop and classic rock sound will take off in a major way locally as well as internationally.

“Amazingly, cancer changed my life for the better. I have learned that life is precious and that every moment should be lived to the full,” says Toni, who has written a beautiful song titled “I Rise” to promote a South African breast cancer foundation. Breast cancer survivors were featured in the music video for the track.

During her cancer treatment Toni relocated from Johannesburg to a small seaside town near Cape Town. “This was a time of rediscovery, re-evaluation and a refocusing of my talents,” she reflects.

Pretoria Toni

Now based in Durban, Toni is working with a new group of musicians, and hopes to perform internationally next year. She recorded her debut solo album, ”Unfolding”, with producer Ken Hensley (ex-Uriah Heep), and is working with him again on her new album.

Growing up in a musical family in Pretoria, she sang in the school choir and in competitions. “In primary school I knew I was going to be a singer,” she recalls. Reflecting on the music which has influenced her the most, she says: “I have always loved harmonies and good melody. My biggest influences have been Fleetwood Mac, Kate Bush, Ken Hensley, Billy Joel, Sting … there are so many really.”

Her favourite band of all time is Johnny Clegg and Juluka. Internationally, she likes Katie Perry, Tori Amos, Madonna and Lady Gaga. She describes herself as a jeans type of girl, but loves the gypsy look of flowy jackets, layering, and lots of jewellery. ”I love performing live. On stage I become a different person,” she says.

The inspiration for her haunting lyrics and melodies comes from her own life experiences, the things in life that touch her and the people around her.

Being a musician means a fairly chaotic lifestyle. Toni chills out by watching movies or hitting the shops. “Simple things make me the happiest, like watching my kitties play or spending time with friends or family,” she says.

My Naam is Anneke
My naam is Anneke, en ek is gediagnoseer met borskanker in Oktober 2010 op die ouderdom van 36 jaar.

My ma is tien jaar gelede met borskanker gediagnoseer. Op daardie stadium het ek by patoloe gewerk, en haar bloed is na my gestuur vir ontleding, dus het ek eerste toegang gehad tot haar uitslag. Ek is dus die een wat haar vertel het dat sy kanker het. Dit was een van die aakligste dae in my lewe, soos jy jouself kan voorstel. Haar borskanker het ontwikkel van ‘n estrogeen aanvulling wat aan haar voorgeskryf was toe sy in haar menopause was. Ongelukkig het die borskanker al verder versprei, in die limf onder haar arm. Ek het alles van die begin af saam met haar deurgemaak, haar bygestaan; maar niemand weet waardeur iemand regtig gaan as jy die nie eers self ondervind het nie. Sy het ‘n totale mastektomie gehad, ook was haar limf verwyder onder die arm.

My ma, wat altyd daar is vir ons, die saggeaardste mens wat almal jammer kry, mens en dier. En daar le sy en daar is niks wat ek vir haar kan doen nie. Toe sy wakker word na die lang operasie, het sy gehuil, sy vat narkose glad nie goed nie. En die eerste ding waarvan ek bewus geword het is die dreinsak. Ek het my doodgegril vir hierdie ding wat onder die arm uitkom en die rooi vloeistof daarin. Ek glo daar is altyd ‘n geluk by die ongeluk, en na hierdie ervaring, het my ma se geloof nog sterker geword! Sy het ‘n vreeslike sterk verhouding met die Here ontwikkel uit haar swaarkry.

Begin Oktober 2011 het ek in die bad gesit en ‘n knop baie oppervlakkig in my linker bors gevoel. Soos ek maar is, het ek bietjie geworry daaroor, maar dit weer laat gaan. Ek is nog nooit vir ‘n mammogram gewees nie, want ek het myself beloof dat ek nooit vir een sal gaan nie. Dus vra ek dat almal gereeld vir ‘n mammogram sal gaan! Kyk, ek was baie hardekwas en jy sal my nie iets laat doen wat ek nie wil doen nie! ‘n Week of twee later vra my dogtertjie vir my

‘Mamma, hoekom is jou een tietie pienk en die ander een bruin?’ En toe sien ek dat die een tepel is sowaar bruin! En my dogtertjie se volgende woorde het my stomgeslaan!

“Mamma, jy weet natuurlik dat jou een tietie nou afgesit sal moet word, net soos Ouma s’n!” Ek het myself oor ‘n hoek geskrik, en ek is na my GP. Op daardie stadium het ek vir Medicross gewerk, en ek is sommer na een van die dokters daar. Hy het my dadelik vir ‘n mammogram gestuur, wat bevestig het dat daar ‘n knop is. Ek was baie bang vir die mammogram, ek het gehoor dit is baie seer, maar dit was darem nie so erg as wat ek myself voorgestel het nie. Na die mammogram, is ek verwys na ‘n chirurg, wat ‘n biopsie gedoen het. Ek gaan nie lieg nie, die biopsie was vir my baie ongemaklik, en seer. Op daardie stadium dink ek het my liggaam nog nie verwerk wat besig was om te gebeur nie, en dit was soos ‘n skok waarin ek gegaan het. My ma was saam met my en sy het vir my ‘n kalmeerpilletjie gegee en ek het gaan slaap. Nou was dit my ma wat vir my bystaan, dit het so snaaks gevoel. Wel, ek moes ontrent drie dae wag vir die uitslag, dit was sielsmergelend gewees.

Toe kom die uitslag; daar is defnitief kanker in die bors, maar hoe ver dit gevorder het moet nog uitgevind word. Ek is daarna na ‘n nuclear spesialis. Hulle het ink in my bors gespuit, glo om te kyk tot waar die ink versprei. Dit sou glo ‘n aanduiding wees onder operasie tot waar die kanker versprei het. Die chirurg het aan my verduidelik wat die prosedure gaan wees. Die kanker is veroorsaak deur te veel estrogeen. Ek het geen aanvullings of pille geneem nie, dus is dit my liggaam self wat dit vervaardig het. Hy het gese omdat ek nog jonk is, moet die volle bors afgesit word, indien ek ouer was (in my menopause) sou hulle net die knop verwyder het. Hy sou ‘n totale mastektomie doen, ook geen vel sou behoue bly nie, en indien die kanker in die limf is, sou hulle dit ook verwyder. Hy het my verwys na ‘n plastiese chirurg, wat onder operasie ‘n expander sou insit om rekonstrukie op ‘n latere stadium te begin. Die expander sou dan elke week opgeblaas word, sodat die vel kan rek, tot dit groot genoeg is vir rekonstruksie.

Al hierdie informasie kon nie lekker insink nie, alles het so gou gebeur en dit het soos ‘n nare droom gevoel.

Einde Oktober 2011 is ek hospitaal toe vir die mastektomie. Heeltyd het my ma en haar vriendinne vir my gebid. Hulle het vir my gese dat ek kan seker wees dat die kanker nie verder versprei het nie, God het my alreeds genees. So is ek in teater toe. Baie bang en ek het vreeslik gehuil. Die eerste ding wat ek kan onthou toe ek na narkose wakker word is vele dokters wat om my staan. Die een dokter (ek weet nou nog nie wie dit was nie) het sy masker afgehaal en met ‘n glimlag op sy gesig vir my vertel dat hulle baie goeie nuus het. Die kanker het glad nie verder versprei nie, nie na die brandwagklier onder die arm nie, en ook nie verder as die knop nie! Omdat ek so jonk is moes hulle wel die hele bors verwyder, maar daar is genoeg vel oorgehou sodat hulle dadelik kon begin met rekonstruksie. Dus is die expander wat ingesit is, al bietjie opgeblaas. Ek was nie toegedraai in verbande nie, en hulle het vir my die hobbeltjie gewys wat alreeds daar sit waar my bors eers was. Ek kan onthou dat ek vreeslik trots gevoel het op hierdie ou hobbeltjie, en dat die bors nie eenvoudig net plat was nie. Ek het gevra, nog baie deurmekaar, wat dan nou van chemoterapie en bestraling, en iemand teenwoordig het omgedraai, vir my geglimlag, en gese dit is nie nodig nie. Ek is geneem na ‘n privaatkamer. Die suster wat aan diens was, was so gaaf om seker te maak ek kry ‘n privaatkamer, waaroor ek baie dankbaar was, aangesien ek baie gesteld was wie my gaan sien en hoe ek gaan lyk. Ek het vreeslik siek en dronk in my kop gevoel, ontrent vir drie dae. Ek het op ‘n stadium probeer opstaan om na my badkamer te loop, maar ek het omgeval, gelukkig was my bed naby. Dit was die aakligste paar dae van my lewe. Ek kon vir niemand vertel hoe ek regtig voel nie, dit het gevoel of niemand verstaan nie. Die fisioterapeut het my ontrent twee keer per dag uit de bed kom help om te gaan stap. Ek kon dit nie verder maak as die deur nie! Die kos het vreeslik sleg gesmaak, maar ek dink dit was van die narkose wat ‘n sleg smaak in my mond gelaat het. Dus het ek niks geeet behalwe jogurt nie. Dit was wel heerlik om net daar te le en televisie te kyk, die een movie na die ander. Ek kan onthou op daardie stadium het, soos Murphy dit wou he, My Sister’s Keeper, opgekom en ek het my oe uitgehuil. Ek wat voorheen nooit vir ‘n movie gehuil het nie.

Dit was aaklig dat ek myself nie kon bad nie, ek kon nie eers opstaan om my hare te kam nie. Die nagsusters het op ‘n stadium my uit die bed laat opstaan en het my afgespons van bo tot onder. E het nie eers skaam gevoel nie, dit was net te lekker om weer skoon te kan voel. Die aakligste van alles: Die dreinsakkie! Dit was vreeslik ongemaklik en ek het elke oomblik daarvan GEHAAT! Ek het aan my ouers vertel wat die persoon vir my gese het na my operasie, dat ek nie behandeling hoef te kry nie, en ook aan my chirurg toe hy my kom sien. Hy kon nie verstaan wie dit vir my sou se nie.. Niemand kon vir my vertel wie dit was nie. Ek glo steeds dit was ‘n engel wat by my was wat dit vir my gese het! Ek is drie dae later ontslaan, steeds met die drein aan. Ek is na my ma se huis waar my ma my dadelik help uittrek het, in die bad laat sit het en my met die stortpyp afgespuit het van kop tot toon. Dit was so lekker om weer skoon hare te he! Ek het geslaap en geslaap en twee dae later weer by my volle positiewe gekom na ek uitgeslaap was. Met die hulp van my ma en stiefpa, en ander geliefdes, het ek hierdeur gekom! Sonder hulp van die Here dink ek nie ek sou dit kon maak tot waar ek vandag is nie!

Ek is vyf dae later na my plastiese chirurg, wat die drein verwyder het. Ek was so gelukkig daaroor; net om weer vry te kon rondbeweeg sonder iets wat ek heeltyd agter my moes aandra. Die plastiese chirurg het ook dadelik begin om die expander groter te maak.

Elke week is die vel bietjie vir bietjie gerek, tot dit net so groot soos die ander bors was.

Eers was ek baie skaam om half kaal voor die dokter te le, maar daaraan word mens ook gewoond.  Hoe groter die expander opgeblaas is, hoe meer ongemaklik het dit geraak.

Druk net deur, dit gaan ook weer beter.

Ek is na ‘n onkoloog verwys, wat vir my gese het dat hulle vir my behandeling van chemoterapie asook bestraling gaan gee. Ek het gewonder of dit regtig nodig is. Sy het gese dit is vir voorkoming. Sodat die kanker nie weer terugkeer nie. Mens voel op daardie stadium so verward en magteloos, jy is totaal in iemand anders se hande. Die Here het gese dat ons deur sy wonde genees is, en ek het dit geglo. Ek het dit ook vir die onkoloog genoem en sy het gese sy is ook ‘n gelowige mens, maar sy het soveel mense gesien wat ook so geglo het, en nie vir behandeling gaan nie, en oor ‘n jaar is hulle weer terug na die kanker teruggekeer het. Dus het ek ingestem op chemoterapie. Sy het gese dat my hare met die tweede behandeling sal begin uitval. Hulle sou vir my die sterkste chemo gee. Ek was vreeslik gesteld op myself, veral oor my hare. Ek het myself wysgemaak dat dit nie met MY sal gebeur nie. Dus is ek vir die eerste behandeling, in Desember 2011. Die eerste dag na die chemo het ek gedink dit is nie so erg nie, ek voel nog oraait. Maar teen die tweede dag toe tref dit my. Ek het in die bed gele en baie siek gevoel. Nie opgegooi nie, nie een keer nie, maar baie sleg gevoel. Ek dink al wat my op daardie tyd deurgekry het, was om boeke van Mary Baxter te lees, osook die bookies van Dr James Van Zyl. Dit was AL wat ek kon doen, ek wou net niks anders doen nie. Dit het my so vreeslik gehelp om van die geesteswereld te lees, en hoe God engele stuur om ons te help, dit was so inspirerend vir my. 

Na ek beter geraak het, het ek baie gebid, ook vir my ma en haar vriendinne gevra om vir my te bid. Ek het ook vir Dr James Van Zyl van die Stanger Christelike Sentrum gevra om vir my te bid. Hulle so ‘n stunning groep mense. Hy en sy vrou en dogters is almal in die bediening en bid elke dag vir diegene wat aan hulle briewe en fakse stuur. Dr James is geroep deur die Here om mense te genees, en hy doen dit wonderlik. Ek het daarna besluit om nie verder aan te gaan met die chemo nie. Ek het weer gedink aan die persoon se woorde die dag na ek wakker geword het na die operasie, en het net geweet dit is nie nodig nie, dit is net ‘n gevoel wat ek diep binne my gekry het, anders sou ek defnitief aangegaan het met die behandeling. Die onkoloog was baie ongelukkig dat ek die chemo staak. Sy het my weer gewaarsku oor mense wat oor ‘n jaar of wat terugkeer, met kanker wat versprei het. Sy het my gevra hoe ek seker kan wees dat daar net een selletjie losgebreek het van die knop nie, wat op ‘n latere stadium baie gevaarlik kan wees. Ek het aan haar gese dit is ‘n kans wat ek gaan neem. 

Ek het geweier om enige bestraling oor die bors te kry, aangesien daar ‘n kans was dat dit die expander binne my bors kan beskadig, ek kon net nie daardie kans waag nie. Wel, die onkoloog het vir my gese in daardie geval wil sy ten minste vir my bestraling oor my eierstokke gee, sodat dit kan ophou om estrogeen te vervaardig. Estrogeen is nou die grootste vyand in my geval. Ek het ingestem, en Januarie 2011 het ek drie keer bestraling oor die eierstokke gekry. Dit was glad nie seer nie, ek kon dit glad nie voel nie.

Op daardie tydstip het Medicross my afbetaal. Hulle het rede gesoek om ontslae te raak van iemand wat gediagnoseer is met kanker, ek sou vir hulle ‘n aanspreeklikheid wees. Laat ek dit net so stel, hulle het op ‘n vieslike manier van my ontslae geraak. Dit was soos om ‘n hond wat alreeds le, nog te skop ook. Dit was, saam met wat ek alreeds deurgemaak het, ‘n vreeslike traumatiese ervaring! Op oujaarsdag Desember 2010 het ek gevoel my kop pyn verskriklik, veral wanneer ek in die wind loop. As die wind my hare skep, wou ek skree van pyn. Toe ek agter aan my hare trek, kom al die hare uit! Ek het myself lam geskrik. Hoe meer ek trek, hoe meer strande hare het uitgekom. Ek het in trane voor die spieel gaan sit en alles uit my kop getrek. Die hare wat nie wou uit nie, het ek met ‘n elektriese skeermes afgesny. Oujaarsaand is ek kaalkop die nuwe jaar in. Ek het serpies om my kop gedra, ‘n hoed was vir my net te warm gewees. Ek wou ook nie bandanas dra nie, eerder die jypsy serpies wat lank agter afhang. Ek was baie skaam om so rond te loop. Ek kan onthou ons is die een dag na ‘n ouervergadering by die skool. Voor ons by die deure ingaan, het ek in trane uitgebars omdat almal hare het en ek het nie. Dus was dit vir my ‘n groot oomblik toe my hare begin teruggroei. My hare was eers baie reguit. Nou het ek een krullebol, jy sal dit nie glo voor jy dit sien nie!  Ek kry komplimente oral waar ek gaan. En dit voel goed!

My eierstokke het baie gou uitgedroog, sodat dit nie eers meer op ‘n sonar gesien kan word nie. En toe begin die warmgloede! Ek is 36 jaar oud en kry die vreeslikste warmgloede. Die een oomblik voel ek nog piekfyn, die volgende oomblik kan ek voel hier kom dit, ek raak al hoe warmer en warmer tot ek voel ek gaan ontplof! Daarvoor het my onkoloog my op Efexor geplaas. Dit is ‘n antidepressant, maar dit help wonderlik vir die warmgloede. Na die eerste maal wat ek dit gedrink het, het die warmgloede ook sommer bedaar.

Die onkoloog het my vir ‘n beendigtheidstoets gestuur, en daar het hulle drie kolletjies op my skelet gekry. Dit kon of frakture wees, of metastasis. Die onkoloog het verduidelik dat metastasis gebeur wanneer ‘n kankerselletjie losgekom het, en vas gaan klou het aan die gebeendere. Weereens moes ek hoor daar is 99% kans dat dit wel kanker is. BLoedtoetse is gedoen, en alles was skoon! Dus het sy my gestuur vir Zometa. Dit is ‘n tipe van ‘n kalsium drip wat gegee word, sodat die kanker in die gebeendere nie verder versprei nie. Ek gaan een keer per maand vir die Zometa drip. Dit neem ontrent 20 minute en is oraait. Na die tyd pyn my gebeendere maar, veral as ek slaap.

Maar dit raak darem gou gou weer beter. 

April 2011 was die bors reg vir rekonstruksie, en is ek weer hospitaal toe sodat die plastiese chirurg silikoon kan inplant. Die tepel sal eers op ‘n latere stadium gedoen word, na die bors gesak het, het die dokter gese. Dit het baie mooi gelyk, maar die opgeboude bors het baie hoer op gesit as my ander bors. Die dokter het gese dit sal afsak. Tot vandag het dit nog nie gesak nie. My dokter het gese dat hy die silikoon laer af moet plaas, maar ek sal weer van voor af gesny word, asook weer die drein moet kry! Ek weet nie of ek kan sien daarvoor nie, ek is dan nou alreeds deur alles! Ek dink ek sal wel moet gaan, mens kan nie so gou moed opgee nie, maak nie saak WAT gebeur nie, he?

Dit is nou ‘n jaar later en my bloed, asook ander toetse wys ek is skoon. Onthou dat die satan ons aanval op hierdie aarde, maar dat God, indien jy net glo, ALTYD iets goed sal laat gebeur na die slegte. Hy sou dit nie toegelaat het indien hy nie ‘n ander plan met jou lewe gehad het nie! In my geval is my geloof baie sterker as wat dit voor als was. Voorheen het ek geglo, maar dit was soos water wat oor ‘n eend se rug geloop. Ek glo dat Jesus vir my sondes EN my siektes sy bloed gestort het, en dat hy ook vir JOUNE aan die kruis gesterf het! Moet nie moed opgee nie, byt vas. Praat met God wanneer jy voel jy kan nie meer nie. 

En al is dit die laaste ding waarvoor jy lus voel om te doen, sing ‘n liedjie en jaag die duiwel weg in Jesus se naam, en hy SAL vlug! Jy sal sien jy voel gou weer beter. 

Vandag is ek baie meer rustig, en raak ook nie so gou kwaad soos voorheen nie. En ek is baie meer mensliewend. Dink POSITIEF, hierna sal jy ook ander kan bystaan, wat dan deur die situasie gaan, waardeur jy nou gaan. Jy kom net sterker anderkant uit!

Groete en sterkte, Anneke

NATIONAL CALL LINE 083 897 0221

Email Webmaster | Date of latest update: February 08, 2012 | DISCLAIMER