Vrywilligers van die Paarl Reik na Herstel groep het weereens ‘n baie suksesvolle funksie aangebied met die fokus op borskanker bewustheid.  Die 250 gaste wat die geleentheid  bygewoon het is vermaak deur gaskunstenaars Wynand en Cheree Strydom.  Die Nasionale Bestuurder van Reik na Herstel, Stephanie van Deventer, het interessante inligting gedeel oor die nuutste navorsing in borskanker en die waarde van sampioene in die dieet om borskanker te help voorkom.