Op 25 Oktober 2014 het Jacky Sharp van Willow Dam Garden Centre, Estelle Botha, Reik na Herstel vrywillger en wonderlike vriende en ondersteuners in Uitenhage 160 splinternuwe bra’s ingesamel om vroue met borskanker en wat nie ‘n bra kan bekostig nie, te ondersteun. Alida Davis, borskankeroorwinnaar, het al haar kontakte op Facebook en Whatsapp en ook plaaslike besighede gekontak om die projek te ondersteun. Nadat Hazel aankondigings gedoen het, het Jacky haar hare laat afskeer om empatie te toon met borskankerpasiente wat hul hare verloor tydens chemoterapie. “ Die eerste keer wat sy die knipper deur my hare gedruk het, het ek my self probeer indink hoe dit vir iemand moet voel om hul hare te verloor. Elke trek deur my hare was baie emosioneel”.

Dankie aan die gemeenskap van Uitenhage vir al jul ondersteuning! Dit was ‘n feestelike dag vol lag en gesels en trane.

bg-team-2

Bra’s geskenk vir Reik na Herstel se Ditto Projek

bg-team-2b

Estelle Botha, Jacky Sharp and Alida Davis